Rusty Schweickart

Rusty Schweickart
Rusty Schweickart in 1971
Gebore
Russell Louis Schweickart

25 Oktober 1935 (1935-10-25)
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepNavorsingswetenskaplike, ruimtevaarder

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Russell Louis "Rusty" Schweickart (* 25 Oktober 1935 - ), is 'n Amerikaanse lugvaartingenieur, voormalige Nasa-ruimtevaarder, navorsingswetenskaplike, Amerikaanse Lugmag-vlieënier sowel as 'n besigheids- en openbare uitvoerende beampte.

Hy is in 1963 gekies as deel van die derde groep ruimtvaarders vir Nasa en word onthou vir werk as die eerste persoon wat die maanmodule gevlieg het tydens die Apollo 9-missie in 1969. Hier het hy die draagbare lewensondersteuningstelsel getoets wat die ruimtemanne sou gebruik tydens hulle wandelings op die Maan. Hy was ook die rugsteunbevelvoerder van die eerste bemande Skylab-missie in 1973, waar hy verantwoordelik was om hardeware en prosedures te ontwerp vir kritiese invlugherstelwerk. Na die Skylab-program was hy steeds by Nasa werksaam.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy